“Ek het vir Yolande genader om my te onderrig oor skilderkuns, waarvan ek min geweet het, maar graag sou wou bemeester. Yolande het verskuilde talente in my wakker gemaak, waarvan ek self nie geweet het nie. Meer nog, saam met die leerproses het haar vermoëns, om self vertoue in myself aan te wakker, vrugte gedra. Ek wil graag getuig dat dit nou vir my ‘n plesier is om agter my esel in te skuif, en aspekte uit te beeld, wat in my geestesoog , ‘n mooi prentjie kan vorm.
Ek sal graag haar vermoëns wil promofeer aan potensiële studente in die kuns en haar alle sterkte toewens, vir die belangrike taak wat sy tans vervul.
*ELNARI HOUGH*
Ek het na gister se les so gelukkig gevoel. Dat ek léér tussen ander wat
leer, van iemand wat ons net wil ontwikkel, in 'n ontspanne
atmosfeer... Dankie hoor!
*MARTINE DE LANGE*
*KARABO*
Yolande het ‘n
ongelooflike fyn oog, ‘n wye kuns kennis en gelukkig baie geduld! Ek kan
haar skool aanbeveel vir enige iemand…van amateurs soos ek tot ware
kunstenaars, want by haar leer ons met elke klas iets nuut en word uit
ons gemak zones gelei tot nuwe hoogtes en kreatiwiteit. Ek geniet
myself terdee en waardeer dat sy in elke individuele student se
behoeftes voorsien op ‘n gemaklike, ontspanne manier.
Dankie Yolande, jy is ‘n ster!
*YVONNE*
I have been attending Yolande's art class since 2019.
Over this time, I have learned so much about drawing, color, perspective and composition. She allows each student to develop at one's own pace. She has a wealth of knowledge over a wide spectrum of art. Always a pleasure to go to class to learn more.
*AMORIE*
Die Kunsklas help my groei en ek leer nie net baie van kuns nie maar ook van mense.
Dankie vir wat jy vir ons doen
*BERREND*
Yolandé is an exceptionally skilled teacher and artist. She has a methodical approach aimed at building confidence and artistic ability in her students over time. These classes are for persons who are serious about exploring their artistic abilities She offers training in a wide range of mediums. I highly recommend her classes.
*BEVERLY KAPP*